Melktert
Kors (2 terte) (1 tert)
125 botter/margarien, gesmelt (62.5g)
50g/60ml strooisuiker (25g/30ml)
1 eier, geklits (1/2)
275g/500ml koekmeelblom (137.5g/250ml)
5ml bakpoeier (2.5ml)
Knippe sout (Knippie)
Metode
• Klop die suiker en eier vinnig by die gesmelte botter.
• Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.
• Druk die deeg in 2 tertbakke.
• Prik die korse met ‘n vurk en bak 10 minute teen 180°C. nog beter: bak die korse blind vir 10 minute en dan sonder die boontjies/gewiggies vir nog 5 minute.
Vulsel (2 terte) (1 tert)
1.5l melk (750ml)
50g/60ml botter/margarien (25g/30ml)
4 eiers (2)
200g/250ml strooisuiker (100g/125ml)
70g/150ml mielieblom (Maizena) (35/75ml)
70g/125ml koekmeelblom (35g/62.5ml)
Knippie sout (knippie)
5 ml vanieljegeursel/amandelgeursel (2.5ml of meer)
Fyn Kaneel/kaneelsuiker
Metode
• Bring die melk en botter stadig tot kookpunt in dikboomkastrol.
• Klits die eiers en suiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik met ‘n elektriese handmenger.
• Voeg die mielieblom, meel, sout en vanieljegeursel by en klits verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits is en daar geen klonte is nie.
• Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.
• Klits die eiermengsel nou by die res van die melkmengsel.
• Plaas terug op die stoof en roer vinnig totdat dit lekker dik is en weer begin prut.
• Skakel die stoof af, sit die deksel op en laat die vulsel vir ‘n paar minute staan.
• Giet die warm vulsel in die tertkorse.
• Sif kaneel oor.
• Bak die terte 10 minute teen 180°C.
• Sit louwarm voor, of laat afkoel en plaas in die yskas en bedien koud.